Jongste aktiwiteit:

Dankie Heer

Dankie Heer, vir elke seën

die daeraad maak plek vir die rookwolk geure van die stad
blik en sirene, motor-gezoem en ratrace gebeure
dit klink op deur die beton- en palisademuur woud
hoekom is dit hier in die stad so koud ?

kilometers hiervandan is my hart se tuiste
bos en vink, zebras wat rinkink
koedoe en varkies, impala, kameelperd en nagapies
wagtend, dankbaar vir die bederfies uit my hand

dis hier in die bos waar jy met vensters wydoop slaap
kriek en naggeluide smelt hier saam
die varsheid van die natuur-paradys
hier waar rus en stilte meeding om ‘n oase te laat herrys

vasgevang in my gedagtes en geheue
elke bos, elke blaar, elke tree
elke traan en elke druppeltjie reën
dankie Heer, vir elke seën

Here, dankie vir U genade so wyd en groot,
dankie vir die bederf hier in my skoot
my eie stukkie bos en elke mak wilde-dier
die rus en heelword, uur na uur

‘n vriendskapkring, dierbaar en opreg
U kinders, wat kyk, dieper as wat die wêreld standaarde verg
U liefde ervaar ek met omgee mense elke dag
dis waar ek wil wees, dis vanwaar ek eendag wil huistoe gaan as ek mag

©Tharina Schnetler




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed