Jongste aktiwiteit:

1 Kor. 13liefde

1 Korinthiërs 13

Dis vroeg-oggend en die dag lê voor
‘n warboel gedagtes vasgevang in stofpad-spoor
vele gebeure, wagtend op tyd
trae sonstrale dring deur my ruit

Die vensters van my siel kyk ver sonder my oë
daar is ‘n versugting in my hart en gees
dit ruk die dag krom en geboë
ek wens lewe was sonder smart en vrees

ek wil die dag in die euforie van perfeksie
lank uitrek, dit leef … infuturum slegs die soet herleef
die saamwees van jou psige met myne, ‘n konneksie
weer probeer die genade van liefde en omgee inweef

helaas, my menswees vertrap, verhard, verkool, versmart
alleen, eensaam, ‘n stukkend bloeiende hart
dienend, smekend, biddend om saam met jou
‘n 1 Korinthiërs 13 toekoms te kan bou

©Tharina Schnetler




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed