Ek lief
Ek lief
Ek lief ʼn mooi lied
met al die heimwee wat dit bied
ek lief ʼn mooi verhaal
waar die held net-net nie faal
Ek lief ʼn mooi gedig
wat my gemoed somaar verlig
ek lief ʼn mooi skildery
wat lyk of dit kan lewe kry
Ek lief ʼn mooi beeld
wat die lewe in drie dimensies uitbeeld
maar meer as als lief ek vir jou
my Liefie, my Engel, my pragtige vrou!
deur Stephan Uys 28/02/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.