Jongste aktiwiteit:

Terugblik

Terugblik

Soms drafstap ek op twee-laan teerpad
lekker lang-treë loop ek die afdraandes
maar meer dikwels stap ek gebroke grondpad
of ek stoei met stewige steil opdraandes

daagliks vat ek die lang reguit pad
wonderlik wandel ek in die dag
gereeld kom ek uit op ʼn kronkelpad
waar ek soekend struikel in die skemernag

as ek terugkyk op my lewenspaaie
vind ek vrede, vreugde, liefde, hoop
op die stofpaaie met hul kronkeldraaie
nie op die teerpad waarop ek maklik loop

in die ompad, draaipad, langpad wat ek bewandel
leer ek verstaan hoe God met my handel




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed