Jongste aktiwiteit:

Trek aan my serp

Trek aan my serp

ek skryf vir jou ‘n brief
hier uit vroegherfs se onthou
daar was blare uit die lug
wat roesbruin oor jou vou
my gemoed was lig dog swaar
toe jou liefde, stuwend dors
dringend maar vol halt
wintervat vooruit ontspoor
herfs het ook vir jou
‘n kaalbasmus gebrei
die geur kan ek nounog proe
toe jy dit oor jou skouers gly
jy het opgehou om my te soen
jy vat-vat aan die wegdraaipad
daar waar gister en vandag
stoei oor herfs se beter kant
vroegherfs se onthou
is gevul met nostalgie
sjokolade en musiek
dit is hoe jy stadig
boodskappe sein vir my
ek wens ek het geweet
of ek winter vooruit moet ry
bring vir my tog ‘n bietjie hoop
draai dit om my vas
trek aan vir my die serp
hou my teen jou vas

©Tharina Schnetler




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed