Jongste aktiwiteit:

Labirint

Brons My lief, aan die weskus loop die snoek in donker figure, het winter weer gebeur. Soos daardie dag is die see onderstebo, onthou jy nog? Onderstebo, met wolke soos bokkoms geryg aan ‘n grou hemel waaruit vonke waai. Jou oë se sagte kniel het ons liefde gehou maar in die trap en steier van […]

Lees meer

Pelgrimstog

Brons vir oom Frik Steenberg, ‘n vriend en digter (1943-2018) Ek wou nog een maal hier huil waar kleur in blomsaad rus, die lug wegsterf as rooi katstert en kalkoentjies oor ver stiltes klim-klim teen ‘n sandknop uit. Hier word die onthou, sag gebrei op die skraapklip droëntyd en hartbreek aanmekaar geryg soos matjiesgoed, steek […]

Lees meer

Laaste dans van die Grosvenor

Dans vir my jy wat die hellevaart van die wind in jou seilree dra jy met die uitgebolde maste en kruistogte dans vir my as jou skeepskiel die vaarwaters breek jy wat kyk na die gange van die maan. Dans vir my jy wat kom deur die nag op die diepseeblou en soos ʼn groot […]

Lees meer

Ekkerigheid

Brons 170 woorde Ek lees die woord raak in een van Berdéhand Brand se gedigte. Ekkerigheid. Oombliklik kom ek tot ʼn skokkende besef. Ekkerigheid is ook die ongedurigheid binne my, die afsondering, die rusteloosheid wat nie wyk wil kry nie. Dit lê soos ʼn stuk klipperaarde tussen my en Abba Vader. En ek val op […]

Lees meer

Draaibos

Laat lente het ‘n draaibos haar takke grondwaarts gebuig dit opgeswier met trossies bloupienk blom en blink blare asof sy die lente wou nadertrek, en verlaas bemin – o, laat my liefde nog één dag wees! Diep teen die hellings trap haar suiers, oor die vlaktes verby die skalie tot waar die son afloop; sy […]

Lees meer
wag asb.
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed