Jongste aktiwiteit:

Ekkerigheid

Brons 170 woorde

Ek lees die woord raak in een van Berdéhand Brand se gedigte. Ekkerigheid. Oombliklik kom ek tot ʼn skokkende besef. Ekkerigheid is ook die ongedurigheid binne my, die afsondering, die rusteloosheid wat nie wyk wil kry nie. Dit lê soos ʼn stuk klipperaarde tussen my en Abba Vader. En ek val op die grond. “Here,” pleit ek, “vergewe my”. Ek het my geesdrif verloor, met die swaarkry-tyd verstrengel geraak. My oë op die pyn gerig. Alles gaan oor my, nie meer God nie.
Dié woord bring ʼn kopskuif, en daarna kalmte. Die plek waar ek myself bevind het mag miskien ‘n geestelike niemandsland wees, maar my Here kén my. Hy het nooit van my vergeet in die seer stiltes nie. Dinge werk uit soos dit moet. “Kyk, Ek maak alles nuut.”
My hart is versterk. En ek dans op die lied van Sy liefde, ek dans soos ʼn steenbok in ʼn haak-en-steek-savanne, soos ʼn klipblom tussen die krake van ʼn rotshang. Ek dans en dans soos ʼn bateleur teen bergbloutes.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed