Jongste aktiwiteit:

Stille wens

In die weskus se blou
wil ek dans saam met jou
op ‘n spierwit strand
met die son wat rooi oor die oseaan brand

Ek wil die oomblik vir altyd onthou
wil stywer jou hand vashou
ek wil wegraak in jou
wil dans asof niemand kyk nie

Stille oseaan neem ons
tot daar waar jou golwe gaan
bind ons vas vir altyd saam
sodat die lewe nooit stil gaan staan

Al verdwaal ons soms op verskillende paaie
wil ek altyd dans saam met jou
op ‘n spierwit strand
dans asof niemand kyk nie




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed