Sand druppels
sand in die ligte wind
wat optrek oor die see
verskuif my duin stadig
nader aan die see se golwe
elke meter gewen troon oor alles
vorm nuwe sitplek vir voëls en fynbos
my sitplek staan droog en pryk hoog
kyk uit van links na regs wes na oos
oor uitgestrekte blou golwende see
geankerde ertsdraers daar ver
so normaal soos somersdae
roepend wink na mense
om son te kom drink
soutlug te kom proe
seevoëls te bekyk
stilletjies hulself
kom bestudeer
in nuwejaars
verwagting
te hergroepeer
en paraat te word
teen swart jakhalsies
se aanslag teen
hul gees
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.