Labirint
Brons
My lief,
aan die weskus loop die snoek in donker figure,
het winter weer gebeur.
Soos daardie dag is die see onderstebo,
onthou jy nog?
Onderstebo, met wolke soos bokkoms geryg
aan ‘n grou hemel waaruit vonke waai.
Jou oë se sagte kniel het ons liefde gehou
maar in die trap en steier van die storm
was die einde
van jou reis.
Nou sit alleenheid soos growwe sout vas aan my
gaan ‘n tweespoorpad tussen ons.
Ek luister en luister,
verbeel jou voel-voel treë op soek na
ons geborge ruimtes.
Volg die spoor van die sonkwasriet, my lief,
hoor die wind wat sweef met die grootmalmok –
dit dra jou naam dra jou naam…
Kom nader my lief, kom deur die gange van branders
en vind my, vind my in die middel
van hierdie labirint.
3 Kommentare
-

Tearlach
Pragtige gedig. Ek hou daarvan.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2020 projek