Jongste aktiwiteit:

Laaste dans van die Grosvenor

Dans vir my jy wat die hellevaart van die wind in jou seilree dra
jy met die uitgebolde maste en kruistogte
dans vir my as jou skeepskiel die vaarwaters breek
jy wat kyk na die gange van die maan.
Dans vir my jy wat kom deur die nag op die diepseeblou
en soos ʼn groot hand landwaarts stuur
jy met die driedubbele dek en wapperende vlag.
Dans vir my as rotse die dreunsang van jou kanonne stukkend slaan
en jou ankerketting laas na die bedding sak
daar waar die skadu’s spoel oor sterblom en wier.

*Die Grosvenor, ʼn Britse vragskip, loop laataand op 4 Augustus 1782 op die rotse te Lambasibaai




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed