Jongste aktiwiteit:

Koningsprotea (Protea cynaroides)

Ikoniese figuur ons Nasionale blom – die Koningsprotea ikonies van Suid-Afrika Koningsprotea (Protea cynaroides) Fynbos en kronkelpaaie Vlaktes nasionaal diep oopgetrap Jou suikerbos so sensueel begeerlik Meeldrade poeierwit soos Chantilly kant veelvormig in kelke, ‘n liefdespienk Die Suidooster nader onheilspellend Soos Proteus ‘n metamorfose Herder van antieke geheime. © L Barnard

Lees meer

Ek Sweef

Ek Sweef Ek sweef op n wolk ver bo die horison. Die son se spiee”lbeeld omhels my en ek wonder is ek soos Icarus te naby aan die son? Koue lug bibber teen my vel. Ek voel n kriewel van fladderende vlinders. Warm trane vul my oe” en sypel teen my wang. Druppels glyend val […]

Lees meer

‘n Duisend Kerse

‘n Duisend Kerse Vir jou my lief brand ek ‘n duisend kerse. Jou hare die geur van ‘n aandblom verewig in ‘n uurglas stil. Jou stem die klank van ‘n ster verlate in die hemelruim. Jou lippe sag, jou soene soos seeskuim ‘n verdampte lugborrel. Jou spore fyn vermom. Jou liggaam ‘n silhouette van sjiffon […]

Lees meer

Elemente

Elemente windmeules fluister liefdesklanke deur die sterreruim Jou skoonheid … is die melkweg waterdruppels drip laggend op ‘n vensterbank fossiele vasgevang in tyd verberg deur aardstof vuurballe ontsnap uit die hand van Ra … © L Barnard 10/09 2018 (Linlithgow Skotland)

Lees meer

Ek ken dit maar net as Fudge

Ek ken dit maar net as “Fudge” Woensdag het die wind lelik baklei met ons en landwyd sy woede en krag behoorlik ten toon gestel. Bome is plek plek omgewaai en ander is kaal uitgetrek en al wat oorgebly het is nou verlepte blare. Vandag … vandag is dit stil. Die wind het weer vrede […]

Lees meer

jou lied, jou melodie

22/07/2018 jou lied jou melodie – Da Capo (al fine) “Die lewe is ‘n lied” antwoord die vriendelike polisieman vir my so op sy sangerige manier van praat en ons lag te lekker oor sy “sê ding”. Vandag was ook nie veel anders gewees nie “die lewe is ‘n lied” sê hy met ‘n glimlag […]

Lees meer

Die dood van Brandy

‘n Kortverhaal wat ek geskryf het oor ‘n spinnekop wat amper 2 weke elke aand by my man kom “kuier” het. 03 Oktober 2017 Met permissie Die dood van Brandy So ‘n week gelede … Dis koud vanaand. Ek en my groot liefde klim toe maar vroeg in die kooi hy lê met sy “ander” […]

Lees meer

…vir altyd …

… vir altyd … ‘n stem … ‘n fluistering deur die strate ‘n bries … koud uit die paradys ons is uit ys gesny ‘n ewige liefde …? of was dit ‘n fantasie …? dié wêreld het my mal gemaak … © L Barnard (16/06/2017 Skotland)

Lees meer

Renonkel

renonkel “jou sjarme betower my” anemone en peonies gebind by naelstring jou fluweel voorkoms met vintage karakter jou sagte lippe in robyn-rooi nostalgies is jy in poeierpienk en lila-pers. © L Barnard 05/07/2015

Lees meer

Kersfees Melodie

Kersfees Melodie Oerklanke sweef melodieus deur die heelal gegeur met die skitterlag van die aandster. Jesus is gebore – die Koningskind beplan deur God ons Abba Vader. Engele sing met soete klanke die liefde van onse Jesus klein. Vreugdestrane vul ons mensegees. ‘n Seun is vir ons gebore onse Redder, Here Jesus. Vrede op aarde […]

Lees meer
wag asb.
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed