Jongste aktiwiteit:

Ek Sweef

Ek Sweef

Ek sweef op n wolk
ver bo die horison.

Die son se spiee”lbeeld
omhels my
en ek wonder is ek soos
Icarus te naby aan die son?

Koue lug bibber teen my vel.

Ek voel n kriewel van
fladderende vlinders.
Warm trane vul my oe”
en sypel teen my wang.

Druppels glyend
val ploffend na aardsryk
op gronde lank verdor.

Nuut gebore sade spriet
uit van eers n dorre grond
n Nuwe aarde gevul met loof
en liefde spriet op.

Hande koesterend
omvou my …

Ek is nou in die Tuin van Liefde …

© L Barnard (April 2020)




2 Kommentare

  • Koos Elsum

    Dankie vir die deel. Ek moet sê ek het gesukkel om te verstaan waaroor die gedig gaan totdat ek jou tema gesien het. Ons leer deur te ander te lees en kommentaar te lewer. Ek het onderneem om ń kommentaar telling teen 10% of beter vd aantal eie plasings te onderhou. Kan ek vra dat jy dieselfde doen en so die Ink ervaring vir almal te verryk. Dis so goed om te sien dan jy meer as jou plig doen !

  • Hartswoorde

    Goeie More Koos Elsum, Dankie vir jou saamlees en opbouende kommentaar.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed