F knoppie op die tikmasjien(silwer)
Graag wil ek jou aandag aflui vandag;
voor ek begin
met die f.f.f.f knoppie op die tikmasjien,
en sou jy dalk
my wou
kapittel
en my f.f.f.f.f
korrigeer
want o.k sonder f.f.f.f.f
is nes so goed
soos nat beddegoed
en ‘n
fokker-plank-vergelyking
wat soms soos ‘n
fanatikus
met die f.f.f.f knoppie
op die tikmasjien
rond
fok…
©Morné du Preez
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2020 – OOP-projek