Jongste aktiwiteit:

Die dood van Brandy

‘n Kortverhaal wat ek geskryf het oor ‘n spinnekop wat amper 2 weke elke aand by my man kom “kuier” het.

03 Oktober 2017

Met permissie

Die dood van Brandy

So ‘n week gelede …

Dis koud vanaand. Ek en my groot liefde klim toe maar vroeg in die kooi hy lê met sy “ander” groot liefde Candy (so het ek haar gedoop) langs my. Hulle spandeer baie tyd saam in die aand met hul stories en ek wonder oor die tweetjies en hul spesiale band …
Ek raak ek so liggies aan die slaap en ek hoor so ‘n klap hier langs my. As jul dalk nou wonder gelukkig is dit nie ek wat geklap is nie … Ek sit regop, skoon uit my ligte slaap geskrik en hoogs geirriteerd met my liefde. Nog voor ek kan kla sê hy “dit was nou weer net hier op my skouer” … my liefde het homself geklap …hy staan, skakel sy bedlampie aan kyk rond maar sien niks … ek kry toe nou my beurt vir ‘n sê dingetjie vir my liefde en sê… “jy word “gestalk” my man” en ons gee haar toe sommer ook ‘n naam, Brandy.

Gisteraand …

Ek en my liefde kruip weer vroeg in vanaand. Hy met Candy en hul storie, ek met my tydskrif. Later voel ek Klaasvakie het my vanaand onthou. Ek lê rustig en ek voel hoe ek begin sweef en weg beweeg na ‘n ander dimensie toe ek skielik wakker word met ‘n “ugh” geluid hier langs my. Die maanlig skyn so helder in ons kamer. Ek voel eers met my arm langs my maar daar’s niks. Ek lig my kop en my lyf kom so stadig orent en sien so ‘n paar grys haartjies glinster so langs die bed en ek sê vir my liefde baie geskaafd natuurlik “het jy van die bed afgeval” … ek wou eers vra het jy van die bed af afgebl@ksem?” maar ek besluit toe om maar te hou by die woord “afgeval” dit klink in elk gaval ligter op die tong. Na ‘n paar sekondes met ‘n baie diep bas stem wat klink of daar ‘n kraak in is antwoord my liefde “nee”. (noodloos om te sê verligting spoel van my af en ek ontspan so vir ‘n sekond)

Skielik is al wat lig is aan in ons kamer. Ek weet nou nog nie wie het watter lig aangeskakel maar dis skielik soos daglig. So in die geskarrel vind ek myself halfpad onder die bed in met so ‘n gratis flitsliggie nog van “Avis Rent a Car” en ek begin te soek na die stalker. Ek maak toe die groot fout en vra my liefde “is jy seker dis nie maar net jou verbeelding nie?” … my liefde gee my ‘n kyk, (“if looks could kill I say”) en ek besef die man praat besigheid vanaand hier in ons slaapkamer … Ons skud die beddegoed uit met helse krag so hard dat amper al die eendvere uit die “”comforter geruk is en jy sien net so ‘n wit reënboog van vere waai deur die kamer. Daar’s niks, geen stalker. My liefde loer weer agter die bed en hy sê met so ‘n huppel in sy stem (ek weet nou nog nie of dit van verligting was en of dit van iets anders was, maar …) “daar, daar lê sy by jou kussings”. ‘n Koue rilling hardloop so af al langs my rugstring om te dink dat die stalker nou aan my kant van die bed is. Ek trek my slaapsokkie so stadig oor my hand en staan vir ‘n oomblik besluiteloos oor wat om nou te doen. My liefde begin my kussings so een vir een stadig op te tel. En daar sien ek haar vir die eerste keer met sulke lang slanke bene nes ‘n model en so ‘n pikswart bos krul hare en ek besef so diep in my binneste hier’s kompetisie vanaand tussen my en die “stalke”r. Sy begin te hardloop oor die bed reguit na my liefde. Hy staan doodstil, hy beweeg nie, sy arms hang doodstil langs sy sye. Sy gaan staan doodstil voor my liefde en hulle staar na mekaar, niemand beweeg … Sy besluit om om te draai en ek sien sy meen besigheid, hier kom ‘n ding. Sy storm op my af met haar slanke bene en krul kop en ek besef dis of ek of sy wat vanaand gaan verloor en ek besluit so stil in my binneste dit gaan beslis nie ek wees nie. Ek gryp na haar met my hand wat die sokkie aan het, dis ‘n raakvat sommer die eerste keer. Ek meen nou as ‘n vrou baklei vir haar liefde dan haal sy mos nou alles uit of hoe? … Vir ‘n oomblik is ons al drie gevries die tyd staan sommer stil ook. Ek en my liefde kyk na mekaar, ons oë draai in die rigting van die lig wat skyn in die gang en ons sien die studeerkamer se lig is nog aan. Ons trippel saggies uit ons slaapkamer na die studeerkamer. Ons sien Mnr Venus Flytrap is nog wawyd wakker. Ons gaan staan voor hom en ons kyk vir mekaar, ons verstaan mekaar … hy sien die stalker in my hand en hy glimlag vir ons. Sy arms gaan wawyd oop van blydskap en ek los die stalker by Mnr Venus Flytrap …

Terug rustig ins ons kooi lê ek en dink … dis nou nog net vir Candy van wie ek ontslae moet raak …

My groot liefde het gesê ek mag julle vertel van die stalker, Brandy, maar ek mag nie vir julle sê dat hy eintlik bang is vir spinnekoppe (maar dis net tussen my en julle lol)
© Liz Barnard




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed