Jongste aktiwiteit:

KATEGORIE: Vorentoekyk – M-piep-RIN

KATEGORIE: Vorentoekyk – M-piep-RIN

‘n Briefskrywer in die Burger was ‘n tydjie gelede✽ hoog die em-piep-rin oor die beleid van ‘n britse organisasie wat toekennings vir suid-afrikaanse literatuur maak: Slegs werke in Engels sou daarvoor in aanspraak kom. Ek deel sy kokende gemoedsuitbreuk. As ons „na binne gaan”, as ons na ons innerlike stem luister, en vra hoe die boere in die neëntiende eeu die eeue-oue taalbeleid van die meesters van kolonialisme en ervinders van apartheid aangegaan het, dan kom ons op ‘n (vir my) wonderlike eienskap van die Afrikaners:

.oOo.

Dis iets soos wat biskop Tutu by Beiers Naudé se gedenkdiens oor die volks­ge­bonden­heid gesê het. Die moderne woord is „Ubuntu”, wat hy wel nie gesê het nie. Dit bedoel iets wat die engelse taal nie weergee nie: Dis die binding van ‘n enkeling aan die ander lede van ‘n gemeenskap; ook dán as hulle wydverstrooid mag wees. Die binding aan ‘n volksgemeenskap. Ook as hulle mekaar vyandiggesind is.

Die Jode het dit, die Russe het dit en die mense van Afrika het dit, ook die Afri­kaans­sprekendes – òf boere òf kleurlinge. Dis die begrip volk, wat ‘n intellektualistiese brein nie kan verstaan nie – dis ‘n hart-aangeleentheid, soos gemoed, wat uit dieptes van die siel put – daar waar liefde en toeneiging hulle woonplek het.

Hierdie eienskap maak dit moontlik vir die Afrikaners – en hulle taalgenote – om ‘n nuwe sending of missie onder die buurvolke te onderneem. Dit gaan hier, meen ek, nie om die klischee-beeld van die bebaarde witman (met „harige bek”) „met die bybel in die een hand en die geweer in die ander een” nie☆. En dit is in der daad ‘n deel van die bestrewinge van die afrikanervolk in die vorige bedeling, wat destyds as „bantustan politics” versmaai is. Iemand kan my sê dat dit mý interpretasie is, maar ek bly daarby, dat die Afrikaners nie so stoer en eiesugtig is soos beweer word nie. (Dit wil hulle miskien self net nie graag toegee nie.)

Dit kom op die volgende aan: Die huidige Afrikaners wéét in hul onderbewussyn: Òns voorvare het – ondermeer met hul helpmekaar-gedagte – hulle self aan die eie skoenveters hooggetrek, soos die Amerikaner sê; het op gelyke regte bestaan, en het dit aan die teenstanders, destyds en tans, toegebillik. Die apartheid-regering het dit as vanselfsprekend aangeneem en in die wetgewing vasgelê dat gesonderte geriewe – ook die gebruik van die eie taal om die eie gedagtes voort te bring is ‘n „gerief” – vir gesonderte volke geskep moet word, want dit was vir hulle duidelik, dat meniges uit die buurkulture besig was om te verdwyn. En dìt was juis waar die eie voorvare in die agtiende, neëntiende eeu gestaan het.

.oOo.

Nou kan allerhand slegtes oor die apartheidstyd gesê word, en daarvóór of daartéén argumenteer word, MAAR die moontlikheid om só te dink is andere nie gegee nie. Veral nie engelspraters en -denkers nie. Hulle is spraaklik (dus gedanklik) nie daartoe uitgerus nie. Gedanklik-intellektueel kan sommiges, eniges dit verstaan, dan moet ‘n kunswoord soos ethnicity gebruik word. Daarom die bohaai oor die „nuwe” begrip Ubuntu, want dit het nie so voor hulle geestesoog kón verskyn nie. Dit moes alles aan hulle verklaar word. (Hulle wou nie die boerse (germaanse) begrip aanvaar nie: Nóú kan hulle, want dit word nie deur ‘n boer – of ‘n Duitser(!) – propageer nie!)

.oOo.

Laat ons die buurvolke help om op hulle eie voete te staan, trots in die wêreld te kyk en hulle self uit te leef! Soos ek dit sien is dit ‘n Christelike daad van naasteliefde.

Uit die vorige bedeling moet, meen ek, ou leer- en leesboeke nog in die laers van die uitgewerye en boekhandelaars gestapeld lê en wag om opnuut versprei te word. Of ou drukplate wat weer benut kan word om byvoorbeeld nuwe uitgawes voort te bring, van leesstof „in the Vernacular” soos dit ietwat versmaaiend genoem word? Ek sien hier ‘n lewende volksopgawe of ‘n volk se lewensopgawe wat net staan en wag dat iemand dit aanpak. Sonder groot trompeetskal, sonder woorde, slegs met dade. Waarskynlik sal dit ‘n bietjie baie geld kos – en daar dink ek is die helpmekaargees diegene wat dit sal deurdruk. Miskien is daar mense, firmas, organisasies wat hierdie liefdesdaad wil subsidieer. Die verlae self? Of die ATKV, die FAK op nasionale vlak? Op plaaslike vlak die kerk-gemeentes, die klubs en vereniginge en die plaaslike firmas?

Daar is ‘n menigte gebiede waar interesseerde, geesdriftige vakmense en laie kan deel hê aan so ‘n aksie: Vertalings uit vreemde tale, heen en weer tussen die inheemse tale, Afrikaans inkluis. Hoë literatuur, wetenskap en filosofie. Ook filme: Nuwe produksies, ondertitels of klankbane vir ouer filme uit hierdie vasteland veral, maar ook uit die hele wêreld. Klankbane in verskeie tale vir opvoedkundige tv-filme. Denkbaar is ‘n paar artikels, foto’s en advertensies in die plaaslike weekblaaie in die naburige „bantoetaal”. (Hoe sê ons dit deesdae, polities korrek?)

Dit frustreer my om te weet dat oral op die wêreld moedertaalonderig grond-liggend is vir die onderwys – in alle onderwysstelsels; dit wil sê, ten noorde van die Limpopo, aldus buite ons staatsgrense.

Was dit generaal Hertzog wat dit so uitgedruk het: „Respekteer jy my taal, dan weet ek dat jy my ook respekteer”?

☆ Ek het nouliks ontdek dat hierdie uitdruk van ‘n Noord-Amerikaanse Indiaan stam. Hy het die naderrukkende USArmy-troepe bedoel.

.oOo.

Hierdie het ek gerade klaargeskryf, en ek lees – ‘n week later, ook in die Burger – ‘n artikel oor die „Vriende van Afrikaans” wat poog om in landelike gebiede ‘n boekevoorraad op te bou, sodat arm kinders op die plaasskole ook in die genot kan kom om boeke te lees, wat vir hulle andersins nie moontlik sou wees nie.

Is dit moontlik, dat dit wat my belangrik is, met die aksie van die bogenoemde Vriende en hulle vennote, „Bionef” en die ATKV, saamgesnoer kan word om meer doele gelyktydig te tref? Dit wens ek seer!

Self sou ek graag aan so ‘n aksie deel wil hê.

…ooOoo…

✽ Bostaandes het ek so om tien jare gelede opgestel. En ek vind dat dit vandag nog so aktueel is soos toe!

©15e.November2017……….✽✽✽✽✽…………………………………tje




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed