Die plek se kronkelpaaie van my padkaart af gevee my skoene vol stof met die klippe binne in terloops vir ‘n verbyganger gegee die laaste wuif fladderend op opgeskeurde blaaie waar die horison bloei van skemerte sal my spore eindelik lê in die wind se sug vir oulaas die bekende, totsiens sê die oorskiet krummels […]

In daardie plek tussen slaap en ontwaak waar bekommernis vergete raak jou verbeelding nuwe drome maak kan jy in elke sel voel hoe die kaalte oor jou spoel en betrag jy toe-oë die hersenskim van ‘n vormlose poel hier word alles waar tussen woordlose tonele as die onrus bedaar en alles net is sonder hoekom […]


Verlore in ‘n leegtheid as die nanaguur uitgerek verby sluip en katvoet kom tuur hoe ek worstel met die afwesigheid van wysheid tussen iets en niks waar die juistheid gekantel en gekraak het toe my hartsbeleid net distorsie word, die toneel in steen geset op pad na êrens oordeel raak geloop die pad byster geraak […]

In die palm van my hand gebind in ‘n doodskleed lê skamele oorblyfsels, van liefde en leed deurdrenk met traan en bloed verslyt die gebroke belofte regdeur my laaste moed drup dit soos lood, ‘n grafsteen vir ‘n hart se dood gestort oor klipbanke deur dorre aarde gesypel die bloedbevlekte twyfel van ‘n verhaal so […]

Deur die prisma van jou glaskasteel skyn ‘n spektrum van lig wat aldag om jou speel nes die draai van seisoene as die oorsprong en effek jou verbeelding ontklee en jou drome vurig gloei wanneer betowering dit betree skitter diamantdruppels oor jou onbevlekte wange drup die suiwerse van goud uit konstellasies van hartsgange. © Carla […]

Kaalvoet op die son se rug oor die savanna se duine jou kakies en die rooisand, jou skadu se lyne Winde kam die grasveld aai aldeur jou drome waar God se planne saamsmelt en jy elke korrel sand laat geld. © Carla Visser 01.02.2018

Stilletjies ontwaak met die môrebries en nagtegaal gesange- edelaardig die dagbreek heiligheid met goud omsluit wanneer lig sy arms uit steek. © Carla Visser 13.01.2018

Totdat al die sterre uitbrand en talloos om ons neerval die see verstik aan witsand en vergaan in donker dal tot die bergwinde gaan lepellê op ons vêr-verlate vlaktes die son sy laaste sê kom sê waar die kranse stil geraak het tot die man op die maan sy naam bekend kom maak en die […]

Skryf my op die duurse handgemaakte bladsy sodat jou luukse ink sag en suiwer oor die papier kan gly laat jou verlangetraan sinspeel op die lyne my saggies deursyfer en meer kosbaar maak as die rooiste robyne begin my met soenetroos, beloftes van minnekoos. Met soetelief, hartedief my rondloop gedagtes in ‘n handgeskrewe brief… bedek […]




