Jongste aktiwiteit:

Ons sal wag

Totdat al die sterre uitbrand
en talloos om ons neerval
die see verstik aan witsand
en vergaan in donker dal

tot die bergwinde gaan lepellê
op ons vêr-verlate vlaktes
die son sy laaste sê kom sê
waar die kranse stil geraak het

tot die man op die maan
sy naam bekend kom maak
en die atmosfeer
in stukke kraak

totdat mensdom ophou wroeg
in elke kerk en elke kroeg.

Tot dan…

© Carla Visser
14.01.2018




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed