Ek, die minnebrief
Skryf my op die duurse
handgemaakte bladsy
sodat jou luukse ink
sag en suiwer
oor die papier kan gly
laat jou verlangetraan
sinspeel op die lyne
my saggies deursyfer
en meer kosbaar maak
as die rooiste robyne
begin my met soenetroos,
beloftes van minnekoos.
Met soetelief, hartedief
my rondloop gedagtes
in ‘n handgeskrewe brief…
bedek my blaaie hartlik
met franse letterkunde
of hebreeuse woorde
wat jou hartstog verklik
balsem my met ‘n titseltjie
van jou stroopsoete geur
wat die liefde blywend
kom verklink in my sfeer
sluit my af met bewondering
en seël my met ‘n soen
in ‘n spierwit koevert-
versier met kopergroen.
© Carla Visser
16.12.2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.