The wound is the place where the light enters you. Die wond is die plek waar die lig jou binnedring – Rumi Miskien is die diepste wonde nie dié wat op die vel sigbaar is nie, maar dié waarvoor daar geen pleister bestaan nie. Wonde wat nie bloei nie, maar wat jou op stil dae […]

Awê mase kjend stiek uit en wys djou Kaapse blend! hierie is onse vlakte se sand baai ons prat en skryf in onse eie taal ons dans en sing met ‘n Klopse praal en gooi ‘n ballroom move mette draai hie is mense met harte en gevoelente ons lag onse way yt die […]

Hulle dra dit soos ’n kroon, daardie woord: tronk. Laat dit blink klink, soos ’n medalje wat teen ‘n borskas wink. Generaals van oorloë sonder oorwinnings. Binne is daar net ’n plastiekbak met pap wat afkoel, bruin brood wat aan die verhemelte kleef, en ’n dun streep soet as die dag genadig is. […]
Ek het al op plekke gestaan waar die groen lande wyd voor my oop lê. Daar waar die aarde wys dat lank voor my, al diep spore oor hierdie vlaktes en berge getrap is. Tussen die heuwels en hemel het ek verstaan: om deel van ’n plek te wees is nie iets wat ek gekies […]

Kaslaaie vol herfs goeters Dit voel soms asof my binneste ‘n kas vol emosie is. Die laaie skuif swaar oop onder die gewig van herinneringe. Sommige is helder soos sonlig op water, ander dowwer, amper vergeel soos ou briewe. Daar is ‘n laaie vir vreugdes, vir verliese, vir liefde wat geblom en gesterf het en […]

In ’n wêreld vol mense stap harte alleen, met onvervulde wense en drome wat ween. Op skerms flikker gesigte, laggies word gestuur, maar agter die skerp ligte brand ‘n eensame vuur. Ons dra ons heldemoed soos ’n mantel teen die koue, maar onder die lapgoed klop verbleikte vertroue. Ons praat oor werk […]

Ons leef in ’n tyd waar die strate soggens dreun van motors, waar restaurante saans gloei van lig en lag, en waar selfone onophoudelik vibreer met name en boodskappe. Tog, iewers tussen die geraas en die glans, stap daar iets stil saam met ons. ’n Onsigbare metgesel. ’n Hunkering om werklik raakgesien te word. Ek […]

Die môrelig huiwer waar die horison ou wonde oop kraak, sodat lig sy vingers daarin kan steek. Die verlede se skerwe glinster vaagweg in die sagte skemering van die vroeë oggend soos vêr af sterre. Dun goue drade van’ie son smelt oor die skaduwees soos ‘n warm omhelsing om die dag in te […]

Jare lank het lag deur dié kamers gespoel soos lig deur oop gordyne op ’n somersoggend. Dit het vrylik beweeg, sonder vrees om vasgevang te word. Kinderstemme het teen die mure gebons en in die plafonne vasgesteek. Elke kamer het sy eie eggo gehad en sy eie warmte. Daar was geselsies oor oggendkoffie wat lank […]

Ek het deur pynlike skadu’s geloop, stille gevegte het my in die reën laat staan met swaar herinneringe wat ek nie kon laat gaan, want die stukkende dele was sonder hoop. Elke litteken dra ’n boodskap; ek het oorleef elke traan was ’n les wat my laat besef, ek is besig om weer een te […]

