In die stilte van die nag as alles donker silhoeët in die fyn spoortjies van die donkermaan, dan neem my gedagtes ver wandelpaaie na alles en na niks wyl soete slaap wegkruipertjie speel nie wil huistoe kom nie. ©️ Elna Kruger
Oom Piet waggel die paadjie af, een hand op die pluiskuil en die die ander op die kierie. Waarom hy nou hier moes kom stem weet nugter alleen! Die ou by die ander stemlokaal het uitdruklik gesê dat hy hiernatoe moet kom. Om een of ander rede is hy hier geregistreer. Daar is ‘n hele […]

Weemoedswinde waai droewig in stede en vaal verlate vlaktes na waar stofstorms dwarrel tot waar roesbruinblare lê en ysige koue vaskleef ritteldans deur al wat leef.

Pluk vir my ‘n volmaan as dit son stil verdwyn en die maan verskyn; pluk hom voor hy verder gaan, wegdryf op sy wentelbaan – laat die maanlig helder skyn waar ons saam teug aan ‘n glasie wyn en tyd vir die oomblik stil gaan staan.

Vir ‘n oomblik in tyd was Suid Afrika verenig een nasie, een trots en het landsvlae gewapper groen en goud deur almal gedra soos een reënboognasie die springbokke na oorwinning, na ‘n wêreldkroon gedra. Die opwinding en euforie vervaag in die ysige wind van ‘n koue somer Oktober as vae beloftes verander en ‘n politieke […]



Hoor jy die magtige dreuning wanneer die oseaan sy stem verhef, met golwe wat wyer en hoër kring die kuslyn met mening tref? Talle parke, geboue en paaie swig voor die verterende krag as die watermassa met kolke en draaie die mens koggel en uitlag. Jy mensekind wat my verniel my vul met jou oorskiet […]
Koekemakranka! Ek weet ouma was ‘n eienaardige onvoorspelbare tannie vol streke, maar hierdie vat die koek! In my hand is die vergeelde briefie in ouma se eie handskrif wat ek onderaan die een laai gekry het. Ouma was eksentriek en nie ‘n tipiese ouma nie, maar ek was ongelooflik lief vir haar. “Belowe my jy […]
Bloeddiamante bloedbevlek skitterblink vermoor, beroof, bedot gemyn, gewas, geslyp, gevyl verkwansel, verkoop, verkul regte egte kontorsionis


