Jongste aktiwiteit:

Oomblik in tyd (Silwer)

Vir ‘n oomblik in tyd
was Suid Afrika verenig
een nasie, een trots
en het landsvlae gewapper
groen en goud deur almal gedra
soos een reënboognasie
die springbokke na oorwinning,
na ‘n wêreldkroon gedra.

Die opwinding en euforie
vervaag in die ysige wind
van ‘n koue somer Oktober
as vae beloftes verander
en ‘n politieke speelbal word.

Gaan die oomblik in tyd
telkens weer kan realiseer
ons hoop op more bou
simbool van wat kan wees
of gaan die koue realiteit
hoop in sy spore stuit?

©️ Elna Kruger




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed