ek darteldans die veertigs in – noú gaan my lewe mos begin, vol pittigheid en stoutigheid – spieël ek my status: prima steak terstond plonk my euforie tot ‘n halt toe die eerste hittegolf my slat – Pappie moet in die boosdoos bly, tot die kinders is skielik bang vir my in die nagtelike uur […]


ek weet ek moet gaan, al smag my siel (in bardo) na ‘n vleeslike bestaan – soepel vingers om kwynende gedagtes vas te pen, warm lippe, om jou te verseker – ek het jou hart geken (dat jy kan verstaan) as ek met ‘n paragon traan my diepste hunkering finaal met jou deel want dood […]





my lief die nagte raak nou langer en die dae gooi laslappies op die paadjies waar ons eens geloop het soms as oggendkou’ se verlange hoendervleis oor my lyf, skryf ek vir jou ’n brief vertoef ’n oomblik in die hitte van ons argief want êrens in ’n kas tussen motte en ’n jas lê […]

en nou vertolk ek die nag anders: metafories, as ‘n heilige kantate geskoei op hemelse beloftes ek vrees nie meer die donker wat my steeds daagliks besoek maar vou dit soos warm sjantoeng om my ontblote skouers, oë reikend opwaarts – daar waar Lig alle smart verdoem ©Erika Viljoen 21/11/2018




