
Metronoom
smart – is ‘n metronoom
wat maat vir maat die siel wegslyt
met elke slag die hart verloën
smart – is ‘n metronoom
‘n ongenaakbare monotoon
tik-tak-tik, sonder selfverwyt
smart – is ‘n metronoom
wat maat vir maat die siel wegslyt
(Triolet)
4 Kommentare
-
Carla Visser
Eks mal hieroor! Bietjie iets nuuts!
-
Viooltjie
Baie goed gedoen!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2018 projek