Op U woord
Op U Woord
As diep donker oor my val
vrees verskrikkings my oorval.
As golwe van ongeloof
die hoop in my wil kom roof.
Hoor ek U my naam fluister
en Lig verdring my duister.
Op U Woord sal ek vas staan
op U Woord sal ek voortgaan.
Ek slaan my oë op na bo
na my God in wie ek glo.
Ek plaas my hoop weer op Hom
want Hy maak my vrese stom.
Wyd en Syd sal ek verklaar
my geloof bly onwrikbaar.
Op U Woord sal ek vas staan
op U Woord sal ek voortgaan.
U teenwoordigheid gee rus
niks kan U vuur in my blus.
Selfs in my diepste duister
sal ek na U stem luister.
Geloof is meer as woorde
dit moet oorloop in dade.
Op U Woord sal ek vas staan
op U Woord sal ek voortgaan.
Op U Woord sal ek vas staan
op U Woord sal ek voortgaan!
© Stephan Uys 2018/10/16
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.