‘n Hart wat bloei ken die lewe se seer ‘n Hart wat bloei het al duur lesse geleer ‘n Hart wat bloei kan ‘n ander se pyn verlig ‘n Hart wat bloei weet dit help nie om te vlug ‘n Hart wat bloei is soos ‘n oop wond ‘n Hart wat bloei word net by […]
Die ses letter woord Vir die vrou in ‘n liefdelose huwelik, vir die man wat voel hy het misluk vir die kindjie wat by die weeshuisvenster uitstaar vir die jongmens wat nie meer sy eie lewe wil bewaar. Almal het dit nodig, almal hunker daarna almal wys dit nie noodwendig want hul weet nie hoe […]
Boemelaar Hy staan verslete langs die pad. Uitgestrekte hand om te bedel vir ‘n rand. Wat het hom daar laat beland? Het die lewe hom heeltemal afgemat? Verskroei, verkreukel en verslae, staan hy langs die pad vir dae. Soms kry hy ‘n sagte brood, ander kere ‘n harde woord. Hoekom bly hy daar staan? Skaam, […]
Toegang verbode Dis die bordjie teen my hart ek is bang om jou daar toe te laat Soveel keer moes my hart al ly want niemand nog, wou vir altyd bly. Die deur van my hart bly toe, vir nou…. Jy sal harde bene moet kou voor jy my liefde sal proe Daar lê telke […]
Die masker Ons almal dra ‘n masker, of bêre hom in die kas. Haal hom uit wanneer die geleentheid jou pas. Die masker het ‘n hele paar gebruike, beskerm ons teen die wêreld se misbruike. Ons skuil daaragter, dan is die seer net sagter. Maar wanneer die masker afkom, staar die naakte waarheid jou in […]
Tandmuis Het jy al van die tandmuis gehoor? Miskien al terwyl die tandarts in jou mond boor. Hy is besig om ‘n kasteel te bou, vir die Koning waarin hy ‘n baldans kan hou. Wel, wat moet elke tandmuis weet? Moet tog nooit die geld vergeet! ‘n Kindjie word vir ‘n tand beloon, deur die […]
Seuntjiemens Die seuntjie met die kuiltjies in sy wang proklameer, hy is vir niemand bang Fier en regop staan hy sy man want hy beraam ‘n bobaas plan Hoe om badtyd vry te spring Hmmm, dis nou vir jou ‘n ding Dit wat hom die meeste pla is mamma met al haar vrae: Hoe beland […]
Heks se houvas Voel jy soms die heks se klou, wat jou arm styf vashou? Daardie heks waarvan niemand weet, die een wat jou van binne af opvreet. Al ruk jy jou los uit haar greep, eggo haar lelike lag in jou kop. Jy kry haar nie weg gewas met seep, daar is net een […]