Jongste aktiwiteit:

Verdwaal

Verdwaal

My gedagtes verdwaal tussen lyne.
Jou woorde eggo in my kop:
“Raak weg saam met my.”
Niemand sou ons kon stop.

Jy het my weggevoer op paaie,
waar ek nooit op my eie sou gaan.
Nou loop ek wye draaie,
ek wil nooit weer daar stilstaan.

Hoe kon ek dit nie sien?
Jy het nooit my hart verdien.
Jy het hom slegs kom verniel,
die bewyse staar terug uit die spieël.

As jy ooit weer my pad kruis,
sal ek weet iets is nie pluis.
‘n Mens maak nie die fout ‘n tweede keer,
jy het my daardie les geleer.

© Janita Rossouw




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed