Die gemis
Die gemis
Sy ervaar dit daagliks
maar sy kan dit met niemand deel
Haar hartseer stol in haar keel
en dit help haar niks
Sy voer al jare hierdie stryd
in haar binneste, dit wil nie uit
Haar geliefde weet nie wat om te doen
hy probeer nie eens meer vir ‘n soen
Sy stoot hom weg
want sy voel nie waardig as sy vrou
Sy sal nooit vir hom ‘n nageslag kan bou
Sy voel so verontreg
Miljoene kinders word weggegooi
en sy smag na een van haar eie so mooi
Sy weet nie hoe om vrede te maak
haar vrouwees het ‘n diepe kraak
©Janita Rossouw
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.