
VANDAG SE KINDERS
VANDAG SE KINDERS
Vandag se kinders, moet respek, vir hulle ouers hê
vandag se kinders, wens, dat ouers eerder moet gaan lê
ouers, staan altyd op, uit die diepste modder
kinders is verbaas, oor hierdie grootste wonder
Vandag se kinders, wees lief vir jou ouers
vandag se kinders, gee eer aan jou ouers
ouers is, die anker, in jou standvastige lewe
dis waarna, ons kinders, hulle hele lewe moet strewe
Vandag se kinders, moet besef, dis julle vaste fondament
vandag se kinders, dis jou vaste, pleister en sement
ouers, wat jy, jou hele lewe op gaan bou
ouers, wat jy vir altyd in jou lewe sal onthou
kinders, respekteer jou kosbare ouers
kinders, wees lief vir jou enigste ouers
Ouers, is geleen vir kort tydjie saam met jou
kosbare ouers is nie altyd saam met jou
Eleen van Deventer Vorster
Kopieregte voorbehou
Liedjies tekoop kontak my asb
op my e-pos
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.