Jongste aktiwiteit:

LENTE GENADE

As die winde begin draai
en wolke van ’n nuwe seisoen
die horison bekruip
word ligter my hart
as die winterkou sy greep verslap
en vlug voor die witter son

waar ruwe grou aarde oopkraak
en die groen van nuwe lewe
kop uitsteek en blom
kniel ek hande saamgevou
op sandkorrels tussen klip en genade
en verwelkom die lig.

©HMellet




Ek is maar net 'n kaalvoetkind van Namakwaland, verslaaf aan die reuk van ink op papier en honger vir woorde wat siele versadig, of dit nou uit my pen kom of joune.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed