Laat die dag se fees begin
Die aand gryp met windstil arms na my
en die snippers glas in jou oë se grys
wat jou siel se alleen en donker wys
van lieg en veg en stry
Leeg en lig
wat sweef na buite
tussen herfs se fees’telike blare
in die water en in die lug
dis sweet-en-skilfer-suurkonfyt
dat ons met roet en suur verslyt
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.