‘n Hart wat bloei
‘n Hart wat bloei
ken die lewe se seer
‘n Hart wat bloei
het al duur lesse geleer
‘n Hart wat bloei
kan ‘n ander se pyn verlig
‘n Hart wat bloei
weet dit help nie om te vlug
‘n Hart wat bloei
is soos ‘n oop wond
‘n Hart wat bloei
word net by die Here gesond
© Janita Rossouw (21 Desember 2017)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Inkmoderator
Liewe Janita, baie dankie vir jou plasing in die krit afdeling. Kom ons kuier bietjie om jou vers en stel vas of ons die sentimente waarna jy poog genoegsaam ontwikkel is sonder om woordekonomies te struikel. Dit is belangrik om herhaling in poësie te gebruik om die klem te plaas op 'n 'konsep' wat die leser dalk in die grootte sal ontgaan. Jy poog daarna deur ['n hart wat bloei] ses keer te herhaal. Persoonlik dink ek dit is oortreffend. Ek wil nie daaraan krap indien jy dit met juis 'n spesifieke doel so toegepas het nie. Ek gaan hieronder bietjie omgaan met jou vers maar jy moet ASSEBLIEF (per inboks) verder hieroor met my korrespondeer. Die hart bloei kennend van lewensseer hartbloei om duur lesse te leer [Sien hoe ek bietjie rondgespeel het met die eerste strofe. Jou waarneming is subjektief (soos dit vir elke ander digter ook is), en skryf jy die vers as 'n les (of 'dagboek herinnering / waarskuwing) vir toekomstige verwysing. Indien jy die vers as les / aanwysing vir slegs die gehoor (leser) skryf behoort dit dan 'n toon van aanmoediging in te neem en nie noodwendig 'n harde 'prekerigheid' weerspieël nie. Ek hoop jy verstaan wat ek in my omslagtigheid probeer verduidelik. Kyk of jy saamstem met my ontleding en indien jy aan die ander strofes wil werk (onder leiding) kan jy my per inboks kontak.] ‘n Hart wat bloei kan ‘n ander se pyn verlig ‘n Hart wat bloei weet dit help nie om te vlug ‘n Hart wat bloei is soos ‘n oop wond ‘n Hart wat bloei word net by die Here gesond Dankie vir jou vertroue dat ons saam aan jou werk kan skaaf. Skryfgroete IM