Seuntjiemens
Seuntjiemens
Die seuntjie met die kuiltjies in sy wang
proklameer, hy is vir niemand bang
Fier en regop staan hy sy man
want hy beraam ‘n bobaas plan
Hoe om badtyd vry te spring
Hmmm, dis nou vir jou ‘n ding
Dit wat hom die meeste pla
is mamma met al haar vrae:
Hoe beland die bessie in jou neus?
Waar het jy hierdie arm gekneus?
Moenie so vir my loer
stoutigheid is al wat in jou ogies boer
Seuntjiemens, jou hartedief,
vir jou het ek so vreeslik lief!
© Janita Rossouw
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Lorraine
Janita... ek het ook seuntjiemense groot gemaak... het nou nog een wat vlg jaar hoërskool toe gaan. Ek het jou gedig vreeslik geniet, want hulle vang sowaar dinge aan wat net hulle alleen kan regkry!!