“n Tikkie hartseer
Daar staan ‘n klavier
op ‘n hoë berg in die donker uur
sy note gloei soos vuur
en die klanke wat fees vier
Weerloos hang die mŏre in jou hande
probeer ek woorde bedaar,
terwyl my gedagtes by jou baljaar
Is daar ‘n einde of begin van al die vrae?
Hoe vreemd klink die klanke nou
dit sing in jou ore, klink soos die see
hul branders slaan jou, val en gee mee
maak lawaai binne en om jou
al daar skuil ‘n tukkie hartseer
in die mooiste lied
geniet elke seisoen wat die lewe jou bied!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.