Heks se houvas
Heks se houvas
Voel jy soms die heks se klou,
wat jou arm styf vashou?
Daardie heks waarvan niemand weet,
die een wat jou van binne af opvreet.
Al ruk jy jou los uit haar greep,
eggo haar lelike lag in jou kop.
Jy kry haar nie weg gewas met seep,
daar is net een manier om haar te stop.
Sy is baie verwaand,
kom gewoonlik uit in die aand.
Dan moet jy jou oë oprig,
na die Een wat jou daaruit kan lig.
Hy sal jou nooit laat gaan,
saam met Hom kan jy haar verslaan.
Hy genees die wonde,
van daardie geheime sonde.
© Janita Rossouw
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.