Jongste aktiwiteit:

ERENS

ERENS
Erens vannaand sit ‘n mens onder die sterre
gebroke stukkend sy siel so lankal verniel
probeer om jaar na jaar reg op te kom
Flirt en ilussie gebruik en gespeel
met ‘n mens so lankal verniel
sy eer te veel werd
om net sommer te gee
in’n web gevang lankal
gee jy dan nie om vir ánder
My hart bloei
lankal gesien waar kry hy troos
vir ‘n stonde kort nikssegende woorde
het hom laat behoort
die wind suis deur sy siel
hoekom o hoekom is verwerping
vir ‘n stukkende siel so seer
hy is net ‘n mens alleen
Helder sterre skyn
oor sy hoof
Vader gee hom voete van
‘n ribbok om oor klippertjies te kan spring na
U wat hom na waters waar rus is sal lei
is my gebed vir hom
Helder ster lei tog op die pad
na waar hy nooit
sonder lig mag wees
onthou dat daar eens op ‘n tyd ‘
n klein seuntjie gebore
en gesterf het ook vir hom
dat hy wel behoort
behoort aan iemand
wat hom nooit sal verwerp
Net dit is my gebed vir hom
want ek verstaan dit goed
net dit is my gebed.
~JAC~~
2017-20-07
Kopie reg voorbehou.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed