Jongste aktiwiteit:

Die plaashuis

Die Plaashuis

Hier woon mense wat weet hoe om te lag
hoe om die beste te maak van elke dag
Hulle ken die lewe se soet en sout
maar hier kry niemand ooit koud

Hier leef liefde en omgee,
hulp en raad met elke tree
Wanneer die lewe jou katswink slaan
is dit hulle wat reg langs jou kom staan

Moed opgee bestaan nie in hul woordeskat
al voel hul soms ook afgemat
By hierdie plaashuis is ek tuis
want ons almal help dra aan mekaar se kruis

Geseënd is jy wat ook so ‘n plaashuis ken
want saam met hulle sal jy die Wedloop wen
Hul grootste geskenk aan jou
is hul gebede wat jou lewe omvou

©Janita Rossouw




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed