Jongste aktiwiteit:

As ek kon dig

As ek kon dig –
sou ek jou naam
in elke versie skryf.
Sóú ek kon sing –
was my hart se melodië
aan jou toegewy.

Was ek ʼn skrywer
of ʼn digter
selfs arm skilder sonder oor
Sou ek met ink
en skilderye
liefde in jou hart optoor.

In elke hoofstuk
van my halfklaar boek
sou jy tussen kronkellyne
kon lees waarna ek soek.

Dalk sou jy
die kompleksieteit
van my hart se taal verstaan –
was ek ʼn digter
of skrywer
of arm skilder sonder faam.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed