Jongste aktiwiteit:

Die ses letter woord

Die ses letter woord

Vir die vrou in ‘n liefdelose huwelik,
vir die man wat voel hy het misluk
vir die kindjie wat by die weeshuisvenster uitstaar
vir die jongmens wat nie meer sy eie lewe wil bewaar.

Almal het dit nodig,
almal hunker daarna
almal wys dit nie noodwendig
want hul weet nie hoe om daarvoor te vra

Wat doen ek en jy om dit vir ander te gee?
Of is dit belangriker om net aan myself te bestee?
Hoe raak ons mekaar aan?
Laat ons soms toe dat ander ook in ons lig kan staan?
Omdat hul lig uitgedoof is….
Omdat hul deur die wêreld daarvan beroof is….

Hoe gaan ons met ander mense om?
Sien ons hulle werklik raak?
Of hou ons ons liefs net dom?
“Ek wil nie betrokke raak, dit is hulle saak.”

Hoor ons die noodkreet in iemand se verhaal?
Sien ons hoe iemand in sy depressie verdwaal?
Help my!! Help my, sodat ons aan ander kan bewys,
die LIEFDE skep vir hul ook ‘n huis!

©Janita Rossouw (26 November 2017)




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed