Jongste aktiwiteit:

H O O P

hosannas beier deur die sterrenag
herdenk die heiligheid van hierdie aand
met leë woorde
doofstom klanke
op die pelgrimstog van H O O P

hulde word gebring
met wierook, goud en mirre
word die stal gevul
met reuk van gras
genade uitgestort
want Vrede
die kan ons nie koop

sonde word versoen
van krip tot aan ’n vloekhout
op die heuwel Golgota
word daar nou veldlangs
na die Roos van Saron gesoek
is vrese reeds tereggestel
en blom die opgestane
H O O P

© Anzé Bezuidenhout




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed