
Daar is ‘n Koning
Mag jul feesgety gevul wees
met liefde, saamwees en lag
die wonder van Kersfees is die grootste
geskenk aan familie en vriende
‘n Tyd van omgee
en jubelende dankbaarheid
in die klein kring van ‘n kers
se lig lê vrede en waarheid
Mag die blye boodskap
aanhou in jou hart
mag jy skitter en volhard
waar die lig op jou val
Mag jy glimlag na elke traan
kom laat ons juig
oor die grootste geskenk en offer
Jesus Christus ons Verlosser
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2017 – Kersfeesvieringe projek