Soos waters na benede stort U liefde in my siel Aanhoudend sonder ophou, ongevraagd en onverdien Soos stormwaters bruis dit deur die kamers van my hart En reinig dit en was my, skoon van seerkry en van smart Hoe kan ‘n mens dan twyfel aan die grootheid van ‘n God Aan vertroosting en genesing, […]
As jy my soek en my nie kry of jy loop in die straat by my verby As jy roep en ek nie hoor of jy my in die skare verloor, Onthou dan, ek is hier… As jy wonder of ek bestaan en of jy my moet laat begaan As jy droom dat jy […]
Na U beeld het U my gemaak Gebroke mens maar tog volmaak U sit U woord en Gees in my Om my op my lewenspad te lei Op skerpioene en slange sal ek trap Ek sal klipperige paaie saam U stap Ek sal dinge roep asof dit bestaan En elke wapen teen my sal […]
Op die langpad na forever Sien ek bossies langs die pad Sien ek distels, dorings, lang gras Voel ek klippe in my hart Maar op die afdraaipad na êrens Het die blomme opgekom En staan hul pragtig langs die pad kleurvol en in volle blom Gister was nie nice nie en vandag is […]
Ek wonder soms..hoe weet mens waarheen om te gaan Waar om te gaan rus as jy sukkel om te staan Hoe lank sal jy kan wegkyk en jou asem op kan hou En toelaat dat die gisters aan jou hart se snare kou Hoe weet jy of jou polslag nog more steeds gaan klop Of […]
Ek bou vir jou ‘n huisie op die oewer van my hart Met bome en ‘n blomme tuin wat mooi is dag en nag Ek sal kiekies van ons tye teen my hart se mure hang En altyd daarna kyk as ek te veel na jou verlang Ek gee vir jou ‘n sleutel […]
Nooit ooit is ‘n baie lang tyd Te lank vir onthou om weer te vergeet, Te lank om te raai wat jy eintlik al weet, en te lank om die skadu’s van die lewe te meet Nooit ooit kom nooit weer verby Dalk nooit weer te lag of nooit weer te huil Dalk nooit […]
Vandag is die dag waarop gister se seer vir ewig en altyd my nie weer beheer Vandag is die dag waarop ek weer besluit om nou en ook more die sleg uit te sluit Vandag is die dag ek sal aanhou probeer om my nie aan die mense se nonsens te steur Vandag is die […]