Jongste aktiwiteit:

Nooit ooit

Nooit ooit is ‘n baie lang tyd

Te lank vir onthou om weer te vergeet,

Te lank om te raai wat jy eintlik al weet,

en te lank om die skadu’s van die lewe te meet

 

Nooit ooit kom nooit weer verby

Dalk nooit weer te lag

of nooit weer te huil

Dalk nooit weer in gister

se leegtes te skuil

Dalk nooit weer die goed

vir die sleg te verruil

 

Nooit ooit is ‘n baie lang tyd

en ‘n baie lang tyd

hardloop vinnig uit…




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed