Jongste aktiwiteit:

My hart se storieboek

Ek bou vir jou ‘n huisie

op die oewer van my hart

Met bome en ‘n blomme tuin

wat mooi is dag en nag

 

Ek sal kiekies van ons tye

teen my hart se mure hang

En altyd daarna kyk

as ek te veel na jou verlang

 

Ek gee vir jou ‘n sleutel

en ‘n kode vir die hek

Daar is koffie in die koffiekan

en jou rusplek op sy plek

 

Die pad wat jy geskraap het

loop tot in my hart se hoek

Kom maak jou tuis hier in my

en lees my storieboek.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed