Jongste aktiwiteit:

Mag ek

Mag ek treur as ek alleen is

as die winde om my waai

As die lewe en sy dinge

met my mors en stokkies draai

 

Mag ek lag as ek gelukkig is

as my beker oor wil loop

As die son se goue strale

op my skyn soos goue stroop

 

Mag ek huil as ek verlang

as ek gister nog onthou

As die dae se leë spasies

mure om my bou

 

Mag ek onthou as ek vergeet

as ek dink, en nie meer weet

dat die beste deel van die hede

is, dis sonder die verlede




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed