Dalk
Soos die nag my kom toevou in sy donker kombers
En die maan begin waghou tussen rooi en ligpers
Dan dwaal my gedagters na hier en doer ver
Na gister en more en ligjare ver
Dalk is daar te veel gesê oor waar die blou blou berge lê
En dalk is daar nog baie wat ek in dankbaarheid vir U kan sê
En dalk was dit al lankal tyd vir nuwe goed en nuwe dinge
En roep die toekoms reeds vir my met nuwe eindes en beginne
Soos kleure begin dof raak
en sterre begin blink
En ek verwonderd kan hoor
hoe die aand klanke klink
En die vrede in my hart neerdaal
soos U die dag kom haal
Dan weet ek dat ek veilig is
op enige plek waar U ook is.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.