Jongste aktiwiteit:

Hoe sal mens weet

Ek wonder soms..hoe weet mens waarheen om te gaan

Waar om te gaan rus as jy sukkel om te staan

Hoe lank sal jy kan wegkyk en jou asem op kan hou

En toelaat dat die gisters aan jou hart se snare kou

Hoe weet jy of jou polslag nog more steeds gaan klop

Of die ritme van die lewe sal aanhou sonder stop

Hoe lank kan mens die liefde in jou hart gebêre hê

En wil jy vir die stem binne jou, graag iets terug kan sê

 

Een ding het ek dan ook geleer

Al maak die lewe ook hoe seer

Rus gaan jy vind net by Hom

En jou hart sal klop totdat Hy kom

Die liefde sal vir altyd bly

En die stem in jou is maar net Hy

 

Al die wonder help mens niks,  dit eindig net by die begin

Dat liefde en seer die lewe is, en dat God ons steeds bemin!




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed