dagberaad
hiërargie lank reeds gevestig
hierdie is sy weiveld, sy berg troon
hier heers hy met sy ooie
dan verskyn hy majestieus
stamp sy voorpote op klip
basuin sy uitdagende blaf
wat van kloof na kloof weergalm
tot hy sy terugvoer kan hoor
in hierdie magiese oomblik
na ek al vertrek het na êrens
ek hoor sy blaf in die golwe
en weet dit kan sy kleinkind wees