Lighuis
U staan daar
Onwrikbaar
Éwig
Diép geanker
Onversteurd
Vol vertroue
Daárdie lig o God
Ewig roepend
Leidend
Liefdevol
Maar
My kleingeloof
Drenkeling
Die skip wat sink
Bruin, wrede rotse
Voór my
Tussen ons
U ewige roep
Soos vir Petrus
Ek sien die Lig
Lewe
Toekoms
U oog bly knik
Bemoedigend
Uitnodigend
Smekend
Sikloon
Tifoon
Wrede tsoenami
Branders
Verswelg my
Versuip my
Die vrees breek
My skuit wankel
Wikkel
Worstel
Wriemel my siel
God, kom nader
Steek uit U
Grenslose arms
Omsingel my
Ruk uít
Dié bron van
Kleingeloof
Ontferm my met
U ewige vergifnis
Ferm my
Met U ewige
Onstopbare
Teenwoordige
Liefde
U lig knipoog vir my
U staan ewig sterk
Teenwoordig
Op dieselfde plek
Wat óral is
Wat beweeg
Buíte alle grense
Wat óns van die
Uitspansel weet
U die Lig
Onwrikbaar
Óngesteerd
Reddend
Ewig ingebed
Bevrydend
Lig op die rots(labri ©)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2023 – OOP projek