Jongste aktiwiteit:

Verfoeilik, veragtelik.

Despicable. Verfoeilik. Veragtelik!
Uncle sit gebroke voor my. Hy het soos hy gemeen het, vriende is, vertrou. Vertroue wat hom net nog weerloos laat.
So twee jaar gelede het hy, met sy hardkoppigheid, tekenend van mense van sy ouderdom sy ou karretjie sónder water gery. Natúúrlik het die engine te warm geword en het hy, sal ons dit maar met die Bybel as verwysing, Po(ot)ifar geword.
Ons het uiteindelik op ‘n ánder plek bevind en ek het probeer om hom te help om die drade van sy verlede asook sy hede op ‘n kunstige wyse te beheer asof Franse-kantwerk. Maklik was en ís dit nie. Dan wou hy en meer dikwels, wou hy nie.
Nou, soos ons weet, verplant ou bome nié maklik nie.
Dit is soos om dissipline toe te pas. Om iemand geleidelik te kry om sélf die besluit te neem.
Uncle het sy voorwaardes gehad oor waar hy wil bly. Uiteindelik het ek ‘n plek gekry wat aan ál sy behoeftes voldoen. Of dan, die meeste daarvan.
Twee kere kon ek hom hier kry. Élke keer het hy sy wil uitgeoefen en dinge nie gebeur soos waaroor ek gebid het nie.
As gevolg van omstandighede was ons vir ‘n tydperk “geskei”.
Ons moet ook nie vergeet nie dat Uncle “the Master of Manipulation” is.
Ek moet egter nou teruggaan na die tyd wat hy my buurman was op n plaas buite Warmbad.
Uncle het tuis gegaan in ‘n (wat ons na sou verwys as die “shabby house”) ‘n gebou sowat twintig treë van die kombuis (waar ek tuisgegaan het) se deur.
Elke oggend was my oë op sy deur.
Een oggend het ek gemerk dat hy nié uit sy woning kom nie. Later het ek gaan klop en toe hy uiteindelik die deur oopmaak was my eerste indruk dat hy geroof is. Alles was vol bloed. Klere, gesig, die vloere en sy kop toegedraai in “lap” (beslis nie iets wat “skoon” was nie.)
My ouers was geroof en wreed aangerand.
Eweneens was ek geroof. Angs het my oorval. Hy hét niks, hoekom hóm aanval, het deur my gedagtes gehardloop.
Hy was egter nie geroof nie.
Hy het geval.. Met verdere ondersoek het ek besef die arme man slaap onder bedmatjies. Geen linne of komberse nie. Dit is winter.
Geen breekware nie, net dokumente en enkele stukkies klere (alles wat hy besit) wat netjies opgevou is.
Dit is individueel in inkpopiesakke gebêre. So asof hy toe reeds geweet het dat hy nêrens heen kon gaan nie. Dat sy aardse bagasie beperk moet wees.
Die patroon van val duur egter voort. Van mediese ondersoeke wil hy niks weet nie. Wanneer hy wél
gegaan het, het hy (en doen dit steeds!) opvolgbesoeke met uitnemendheid gefnuik.
So het ek toe op ‘n “harde manier” hom gedwing om sy “afhanklikheid” te erken. (Hoewel hy steeds glo hy is in beheer.)
Nietemin, (met my op ‘n manier afwesig) het hy “afhanklik” geraak van twee mense uit sy verlede. Een ‘n gewese buurman en die ander ‘n gewese “landlord”.
En, soos élke arme persoon kan getuig is “diens broden…., diens genaden….”
Uncle het vir almal ‘n las geword.
O, aan elke weldaad word ‘n prys geheg. “Ek het vir hom dít of ek het vir hom dát. Dis nou vanaf die
“twee vriende”
Die ewige “slagoffer” van sy eie dade. Soort van Stockholm-sindroom.
So erg dat húlle Uncle op húl onkoste sal bring (en toe kla hulle daaroor!). Ek bied aan om te betaal, maar ai, “onthou óns is die heros”….
Uncle se ou karretjie, nog steeds nié herstel nie,, het nie saamgekom nie en sal glo gestoor word by ‘n derde persoon. My reëling was dat ek dit die einde van daardie maand sal gaan haal deur dit te laat sleep.
Die dag wat hul hom hier aangebring het, was Uncle verward. Deurmekaar. Sy “wortels” beskadig.
Sy “takke” gebreek. Die “blare” windverwaai.
Die dag het ek dit baie duidelik aan die “twee vriende” gestel dat ek die kar die einde van daardie maand
sal gaan haal. Ek het die vrou nogal diep in die oë gekyk en seker gemaak dat sy hoor en verstaan. Die mans-vriend was besig om ‘n bottel bier oop te maak.
Met hul weg het ek en Uncle oor n koppie koffie gesit en gesels . So vertel hy dat hul gevra het dat dat
hy “die kar se papiere moet teken”, want, sou die kar hiernatoe gesleep word, dit ‘n vereiste sal wees.
Uncle het hul onvoorwaardelik vertrou.
Die éinde van Junie, toe ek hul kontak, moes ek hoor dat hul sélf besluit het dat die kar is R8000 werd is en die kar reéds verkoop is. Sal die vrou sê niémand het haar vertel van die werk wat reeds aan die ou karretjie gedoen is nie. As besigheidsvrou moes sy sekerlik gewonder het oor hoe die engine en parte aan die binnekant van die voertuig gelê het.
Ek sit voor Uncle en my wese huil sáám met hom. Hy het wéér geval.
Sy bure vertel dat hy nie snags slaap nie. Hy beweeg met sy skuifelstap van een hoek in sy kamer tot die ander. Hy praat met Auntie, en Gerry. Hy baklei met hulle, die sogenaamde vriende. Hy baklei met homself. Hy is intens woedend vir homself!
Auntie slaap knus in’n jas wat ek vir Uncle gegee het. Die jas lê bo-op n kombers want die stoel is koud.
Self slaap Uncle onder ‘n enkele kombers. Die een wat ek destyds vir hom gegee het.
Gerry, met die kraalogies wat nóóit knip nie, hou wag op ‘n koffietafeltjie langs Uncle se bed.. As hy kon praat en sy wens oor Uncle kon uitspreek sou dit wees dat die dood ook maar ‘n stilte sal bring. Gerry is toegedraai in ‘n handdoek. ……. Dis mos koud.. Die twee is sy kinders. Hy wat nooit
die voorreg gehad het om “pa” genoem te word nie.
Uncle se betaling vir die kar? ‘n Koffietafeltjie, ‘n pot vol snot en ‘n verspoelde vertroue in sy naaste.
Ek kyk na Uncle en bid woordeloos…..
God vergewe my, ek weet nie hoe om die soort pleisters te plak of hoe om die walglike, verfoeilike,
veragtende etter wat ons “mens” noem uit sy lewe te sny nie.
Heer, wees U die Groot Geneser. Wees U die Bestraffer. Ek kan Uncle nie deur hofgedinge sleep nie.
Vader, U ken Uncle se weerloosheid. Die “domheid” wat met ouderdom kom.
Ek kyk na Uncle en besef opnuut dat die hémel élders moet wees.
Here gee u tog groot asseblief die nodige genade, insig en krag om Uncle tot sy laaste uur in menswaardigheid te klee.

(labri ©)




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed